Opgradering vir 15% BTW – April 2018

  1. Laai die LPF Agribusiness af.
    Download

2 . Rugsteun u bestaande data:

  1. Gaan na u c:\lpfsystems\agribusiness ‘folder’.
  2. U kan sommer die hele ‘Data’ ‘folder’ rugsteun. Regs-kliek en kies ‘Send To / Compressed folder’.
  3. Kopieer hierdie lêer na ‘n geskikte plek.

3. Verwyder u bestaande program:

  1. Druk die ‘Windows’ sleutel
  2. Gaan na ‘Control Panel’
  3. Kies ‘Programs and features’ en verwyder LPF AgriBusiness

4. Installeer nou die nuwe weergawe:

  1. Gaan na u ‘Downloads’ ‘folder
  2. Dubbel kliek op ‘LPF-Agribusiness-Setup.exe’
  3. Volg die skerms en installeer u program.

5. Maak u program oop.

  1. Daar behoort ‘n groen LPF AgriBusiness 2018 ikoon op u hoofblad te wees.

6. Gaan na Opstelling, Finansieel en BTW.

  1. Verander die ‘Datum Tot’ van u 14% btw items na 31/03/2018.
  2. Skep ‘n nuwe lyn vie elkeen van u 14% items.
    1. Kode is dieselfde as die oorspronklike 14% item
    2. Beskrywing – voeg 15% agteraan
    3. ‘Datum Vanaf” is 01/04/2018
    4. Koers is 15
    5. Inset en Uitset kodes is dieselfde as die oorspronklike 14% sin

2. Skep ‘n nuwe kode ‘Z’ vir 14% en die datums van 01/01/1980 to 31/12/2999

  1. Hierdie kode word gebruik vir items soos Kredietnotas waar die dokumentdatum in die nuwe BTW periode val (na 31/3/2018), maar die oorspronklike dokument was voor 01/04/2018.
  2. Skep nog soortgelyke kodes indien u ander inset/uitset kombinasies moet hanteer.

7. Indien u die Voorraadmodule gebruik, opdateer al u Inklusiewe bedrae om die nuwe BTW te weerspieel. Tik die Ekslusiewe bedrag en die Inklusiewe bedrag sal bereken word.

8. U kan nou voortgaan om u huidige kodes te gebruik. Die program sal dan outomaties volgens die dokumentdatum bepaal of dit 14% of 15% moet wees.